26 April 2019

Met dié vertoning gaan Jak sy siel ontbloot tot daar waar die gehoor sy hart kan voel. Die afgelope 16 jaar was ’n musikale, maar ook ’n innerlike reis. Deur al die paaie en mense, liedjies en musiek, reis ’n mens altyd weer nader aan jouself. Die gehoor gaan uitvind wat in Jak se siel aangaan met liedjies soos “Kyk in my oë”, wat hy vir sy sesjarige dogtertjie geskryf het ná ’n pynlike brandongeluk. Maar die humor sal altyd verligting bring met liedjies soos “Die pasop-liedjie” en “My lewe moet gecharge word”. Kaartjies R140 per persoon by TIXSA. Centurion Teater